
Tranquility
Description here... Description here... Description here... Description here...
More Information...


Mokuru is Tswana vir Tortelduif en die naam skep ‘n atmosfeer van rustigheid in ‘n onaangeraakte Afrika Bosveld.
Daar word ‘n verskeidenheid wild op die 300 hektaar reservaat aangetref. ‘n Grondpad van ongeveer 27 km kronkel deur die bosveld en gaste kan die wild besigtig vanuit Mokuru se wildsrit voertuig, per voet of fiets.
Op die uitkykpunt sal u met ‘n asemrowende uitsig van die onaangeraakte omgewing beloon word. Dit het die beste atmosfeer laatmiddag vir ‘n lieflike sonsondergang en om die voël sang te waardeer.